Local newsNews

Vuur by skool verwoes ook 8 ander kleinhoewes

Die swart rookwolke in ons buurdorp Vanderbijlpark kon van ver gesien word. Die inwoners het nie op hulle laat wag nie en self ingespring om die vuur te blus.

VANDERBIJLPARK. – Danksy ‘n plaaslike inwoner se skerp neus en vinnige optrede kon die vuur wat vanmiddag by die LS Vaalrivier begin en na agt ander Nanescol-kleinhoewes versprei het, gelukkig geblus word.

Die skade aan die kleinhoewes is erg, al die weivelde is verwoes, maar dit kon veel erger gewees het as Yvonne Cordier nie so vinnig die skool verwittig het dat hul trustgronde brand nie.

Die skool en inwoners van die area het daarna self ingespring en gespook om die vuur te blus. Die skool en die wonings op die kleinhoewes het gelukkig nie afgebrand nie.

“Ons kon gelukkig ook die diere ook op ons kleinhoewe vinnig aanjaag en beskerm teen die vuur,” vertel Yvonne.

Yvonne Cordier het die foto’s geneem terwyl sy om haar eie huis natgespuit het as deel van voorkoming, sou die vuur nader aan hul woning verspreil. Hulle het boonop ‘n grasdakhuis.

Sien nog foto’s en lees die oorspronklike berig hier:

Vuur by skool verwoes ook 8 ander kleinhoewes

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button