Local newsNewsSportUpdate

Skopboksers palm trofeë in

Op die afgelope naweek voor Nasionale Vrouedag het vroulike skopboksers van die XKT Fight St skopboksklub in Carletonville ander deelnemers tydens ‘n groot kompetisie ore aangesit.

Tussen 60 en 70 vegters van regoor Gauteng het Saterdag aan die spesiale Women’s Cup skopboks kompetisie in Johannesburg die stryd aangesê. Die kragmeting is in die Brixton sportarea gehou.“Meisies en vroue van vyf jaar en ouer kon deelneem. Ons klub het egter briljant gevaar,” sê XKT Fight St se afrigter, Shihan Chimmy van Winkel.Megan Golden is as Vegter van die Dag aangewys na sy haar kragmeting in die volkontak low kick afdeling met ‘n tegniese uitklophou gewen het.
Maxy van Winkel het ook met die goue medalje in haar kragmeting van die volkontak K1-afdeling weggestap.
Abigail Botha en Sumari-May Eddy het ook albei drie goue medaljes in die semi, light en kick light afdelings verower.
Shihan Chimmy is ook na afloop van die byeenkoms as die Skeidsregter van die Dag aangewys.Hy sê vroue is al meer besig om in verskeie vorme van gevegkuns te presteer en moedig meisies en vroue aan om skopboks as ‘n sport te oorweeg.
“Dit is in vandag se lewe baie belangrik dat meisies so jonk as moontlik in hulself begin glo en dít is iets waarmee skopboks baie help. Daar is ook die bykomende voordeel dat hulle leer om hulself te verdedig,” sê Van Winkel.
Lede van die klub is tans besig om vir die Great North 3 kompetisie, wat aan die einde van die maand in Kampton Park sal plaasvind, voor te berei.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button