Local newsNews

Bejaarde vrou in Welverdiend aangeval

'n Bejaarde vrou van Welverdiend is verlede week deur rowers in haar huis aangeval.

Die 68-jarige inwoner van 15de Straat was Woensdag 26 Julie omstreeks 03:00 aan die slaap toe sy van ‘n geluid in die huis wakker skrik.

Iemand het skielik ‘n lig in haar oë geskyn en haar vir geld gevra.

Voor die vrou egter kon antwoord, het die aanvaller haar oor die kop geslaan. Sy trawant het ook ingestorm en hulle het haar televisiestel van sy kabenet af gehaal en haar selfoon gegryp.

Die rowers het toe weggehardloop.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button