Local newsNews

Man wat na moord vlug swaar gevonnis

Gertjie Bothma, wat in Januarie twee dae voortvlugtig was na die moord op die bestuurder van die Sleepover Guest House en konferensiefasiliteit in Oberholzer, Mr Domingos Antonio Novela, is dié week swaar vir die moord gestraf.

Landdros Jan Steyn het Bothma op Donderdag 15 Junie in die Oberholzer streekshof tot 15 jaar gevangenisstraf vir die moord en vier jaar gevangenisstraf vir die inbraak en diefstal by die gastehuis gevonnis.

Bothma se vriend wat saam met hom was, Donovan Visser, is ook tot vier jaar gevangenisstraf vir die inbraak en diefstal gevonnis.

Albei mans het skuldig gepleit.

Die aanklagte teen Bianca Erasmus, Bothma se vriendin by wie hy vir die polisie weggekruip het, is teruggetrek.

Beide Bothma en Visser is reeds in die Krugersdorp gevangenis na hulle in Mei tot tronkstraf vir ‘n ander inbraak gevonnis is.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button