Oud-Gimmie sportster verloor albei bene in motorongeluk
Edwin Nelson was Sondagoggend omstreeks 04:30 alleen op pad na sy huis in Vaalpark toe die ongeluk tussen Potch en Parys plaasgevind het.
‘n Voormalige Potchefstroom Gimnasium hokkiester se lewe het in ‘n oogwink verander na ‘n motorongeluk, Sondagoggend, 28 Mei op die Paryspad (R53).
Albei sy bene moes geamputeer word.
Edwin Nelson (18), wat in 2022 by Gimmies gematrikuleer het, was die afgelope naweek in Potchefstroom vir die Gimmie-Volkie Classic Clash. Hy was Sondagoggend omstreeks 04:30 alleen op pad na sy huis in Vaalpark toe die ongeluk tussen Potch en Parys plaasgevind het. Hy het glo beheer oor sy motor verloor.
Weens die aard van die ongeluk is albei sy bene onder die knie geamputeer.
Edwin was bekend as die eerstespan hokkiespan se onderkaptein (2022), en het ook in talle sportsoorte soos rugby, tennis, gholf en krieket uitgeblink. Hy was sy hele skoolloopbaan in Brandwag seunskoshuis gewees.
Hy het vir die maatskappy, TagExEnergy, gewerk ten tyde van die ongeluk.
Sy naasbestaandes, familie en vriende is besig om geld in te samel vir sy mediese onkostes, terapie en prostese. Hulle vra dat die gemeenskap vir Edwin in hul gebede deur hierdie moeilike tyd sal hou.
Bankbesonderhede vir Edwin Nelson se fonds is as volg:
#EdwinNelsonFund
Auditor Managed Fund for Medical Treatment and Prosthesis
ABSA
Rekeningnommer: 9302266773
Takkode: 632005