NewsNews

Mans geskiet na hul bakkie onklaar raak

Twee mans is die afgelope week in die Carletonville-omgewing aangeval ná hul bakkie langs die pad onklaar geraal het.

Die polisie in Carletonville sê dié voorval het op 2 Desember op die Leeupoort-pad naby Oos-Driefontein plaasgevind.

Die mans het omstreeks 22:00 in hul bakkie op hul gewag toe die twee gewapende booswigte hulle oorval het.

Die aanvallers het eers hul selfone geëis en toe op die mans losgebrand.

Een van die mans (57) is in die bors en arm geskiet en het ongelukkig later aan sy beserings beswyk. Die ander man (50) is in die maag geskiet en is later hospital toe geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button