![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/115/2022/10/Jeremy.jpg)
Jeremy Mansfield, bekende radio- en TV-persoonlikheid, het vanoggend sy stryd teen kanker verloor. Hy is by sy huis oorlede.
Die 59-jarige Mansfield het lewerkanker gehad wat vroeër vanjaar by hom gediagnoseer is.
Sy positiewe uitkyk op die lewe en wil om ‘n verskil vir ander te maak, sal altyd onthou word.
Ons innige medelye met sy familie.