NewsSport

Danser van Fochville wys ander hóé

'n Danser van Fochville het onlangs ander deelnemers van regoor die land op hul neuse laat kyk.

Jenny Theron (19) het van 30 September tot 10 Oktober aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste deelgeneem. Die byeenkoms is in Rustenburg gehou.

Jenny het aan verskeie dans-afdelings deelgeneem. Sy het onder meer haar staal in die hip-hop, jazz, bhangra, kontemporêre, vrystyl, jive, model en lyrical danse gewys. Die talentvolle plaaslike deelnemer se vaardigheid het die beoordelaars beïndruk en sy het met drie goue, vyf silwer en ‘n bronsmedalje weggestap.

Jenny is ook in die nasionale span opgeneem wat volgende jaar in Los Angeles in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië gaan meeding. Sy is deel van die Altante Dance Studio in Fochville.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button