NewsNews

Dagbreek-onnies is tops

Twee van Laerskool Dagbreek se onderwysers het die afgelope week of wat die skool én Carletonville se naam hoog gehou.

Mnr. Antonie Keyter het verlede Saterdag sy buiging in die Luiperds Platteland span gemaak. Hulle het teen die Pumas Platteland in Barberton te staan gekom en die span van Mpumalanga 27 – 17 in die stof laat byt.
Intussen was nóg ‘n onderwyser van die skool, mnr. Thabo Molete, die afgelope naweek ‘n mede-aanbieder vir Super Sport tydens die uitsending oor die Comrades Marathon gewees.
“Mnr Thabo is nie net ‘n aanwins vir die skool nie, maar ook vir die Carletonville-gemeenskap. Sy passie vir sport is aanteeklik en ons glo hy gaan nog hoë hoogtes bereik,” sê die skool se woordvoerder, Colene Rudolph.
Volgens haar is die skool baie trots op die twee onderwysers.

Mnr. Antonie Keyter (middel) draf deesdae as deel van die Luiperds Platteland-span op die veld.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button