NewsSport

Skopboksers aan die gang

Skopboksers van die XKT Fight St skopboksklub in Carletonville het onlangs medaljes tydens ‘n groot kompetisie ingepalm.

Van die klub se vegters het op 30 Julie aan die Jock of the Bushveld kompetisie in Nelspruit deelgeneem. Vegters van Gauteng en Mpumalanga het mekaar tydens die kragmeting die stryd aangesê.
Drie vegters van Carletonville, Kenneth Golden, Emma Golden en Tyron Fernandez, het as deel van die Gauteng-span aan die byeenkoms gaan deelneem.
Emma, wat maar net 10 jaar oud is, het die dorp se naam hoog gehou toe sy drie goue medaljes in “semi light” en “kick light” gewen het. Sy is ook as die algeheel beste vegter aangewys.
Haar boetie Kenneth, het twee goue- en een silwermedalje in “semi light” en “kick light” ingepalm, terwyl Tyron ‘n silwermedalje in die volkontak-afdeling huis toe gebring het.
Volgens die vegters se afrigter, shihan Chimmy van Winkel, het die Gauteng-span die byeenkoms oorheers en met die meeste medaljes weggestap.

Verskeie van die klub se vegters het ook onlangs gradeer. Voor is Reegan Burger, BG Jansen van Vuuren, Jessie Kolbe, John Golding en Zanika Heydenrych. In die tweede ry is Diandré van Eeden, Alexis Fowler, LJ Marshall, Zyron Kruger, Juan Kirsten, Liam Zandberg en Louis van Heerden. In die derde ry is Simoné Killian, Emma Golden, Emma Botha, Marike Jansen van Vuuren, Prince Lesedi, Sumari Mey, Christiaan Yzelle, Reuben Dercksen, Janco Kolbe, Kayden Viljoen en MJ Willemse. In die vierde ry is Megan Golden, Kaitlyn Botha, Zanika Willemse en Abigail Botha. In die vyfde ry is Natasha Botha, Bonita-Lee van Winkel Anouschka Potgieter, RJ Fourie, Alex Tuz, Skye Mendez en Derushka Janse van Rensburg. Agter is Kenneth Golden, Christiaan Strydom, Dillan van Graan, Albert Wright, Juan Meyer, Leeroy Robinson, JT Tuz, Tyron Fernandez en shihan Chimmy van Winkel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button