Dit lyk asof September moontlik selfs nog goeie nuus vir motoriste sal bring in ag genome die nuutste syfers van die Sentrale Energiefonds en as heersende marktoestande stabiel kan bly
Die verwagting is dat daar tot R2,33 per liter daling in die prys van petrol kan wees, en groothandelpryse op diesel dalk selfs meer as R2,25 per liter kan verminder.
Finale pryse is nog nie vasgestel of aangekondig nie en is hierdie slegs voorlopige skattings. Die September-prysaanpassing tree eers op 7 September in werking.