NewsSport

Callies se Eerstes steeds onoorwonne

Hoërskool Carletonville se eerste rugbyspan is steeds op die wenpad ná hul nóg ‘n ander sterk span in die stof laat byt het.

Die rugbyspanne van Hoërskool Carletonville en Hoërskool Patriot van Witbank, wat die Puma-wenners was, het Vrydag, 5 Augustus op Callies se velde kragte gemeet.
Ongelukkig moes Callies se o.15 span na hul vorige 12 – 0 wen die knie teen Patriot met ‘n telling van 28 – 15 buig.
“Baie geluk met julle prestasie om hierdie seisoen so ver te vorder,” sê die skool se woordvoerder, me. Sandra Venter.
Sy sê die span sien uit na hulle o.16-seisoen volgende jaar en is reeds hard besig met beplanning.
Die skool se eerstespan het egter die bordjies verhang en Patriot met 42 – 0 geklop.
Callies het harde en aanskoulike rugby gespeel en hulle opponente oortuigend geklop.
Dié ster-span kom Saterdag te staan teen die “Rooikatte” van Hoërskool Eric Louw van Musina, wat die Limpopo Bulle-wenners was. Dié wedstryd word in Musina gespeel.
“Ons wens die span en hulle afrigters alles van die beste toe vir hierdie semi-finaal van die Noordvaal Virseker Beker (Afdeling D),” sê Venter.

Related Articles

Back to top button