NewsNews

Keean stabiel genoeg om huis toe te gaan

Volgens Francois is die pad na herstel nog lank, en dat Keean se mediese kostes veral nou ‘n groot dilemma word.

Na ‘n maand in die hospitaal as gevolg van Covid-19 en ‘n beroerte kan die 11 maande oue Keean Claase, uiteindelik gister (Dinsdag, 21 Junie) huis toe gaan.

Keean Claase is vandag uit Mediclinic Potchefstroom ontslaan en is nou terug by die huis.

Hy is nou stabiel genoeg om huis toe te gaan maar hy gaan steeds op suurstof en medikasie bly, voordat hy oor drie tot vier maande vir ‘n ope-hartoperasie sal gaan.

Keean se ouers, Francois en Michelle, saam met hulle babaseuntjie wat tot en met sy komende hartoperasie op suurstof en medikasie moet bly.

Keean is einde Mei in die Netcare Sunninghill Hospitaal opgeneem toe hy Covid-19 en die Bocavirus opgedoen het. Hy het toe ook ‘n beroerte weens sy hartkondisie, Tetralogy of Fallot, opgedoen, wat sy tyd in die hospitaal verleng het. Tetreglogy of Fallot is ‘n hartkondisie waarmee Keean gebore is, wat veroorsaak dat daar daar minder suurstof in sy bloed is wat na die res van sy liggaam vloei.

Hy is verlede week na Mediclinic Potchefstroom verplaas onder die sorg van die pediater, Dr. Hannelie Potgieter.  

Francois Claase saam met Keean.

Volgens Francois is die pad na herstel nog lank, en dat Keean se mediese kostes veral nou ‘n groot dilemma word.

Keaan sy ouer boetie, Francois (13) was te bly om weer vir hom te kon vashou.

“Ons het gister die skok van ons lewe gekry. Die medikasie is oor die vyf duisend rand per maand en hy moet dit vir die volgende drie na vier maande kry. Van die medikasie moet hy na die ope hartoperasie aanhou gebruik vir die volgende twee jaar,” verduidelik sy pa.

Francois het vir Keean ‘n spaarrekening oopgemaak sowel as ‘n Back-A-Buddy fondsinsameling gestig om fondse vir sy mediese kostes te genereer.

“Ek en my vrou weet nie waar om te vat en waar om te los nie, waar om te begin en waar dit gaan eindig na sy operasie nie, maar ons hou ons koppe omhoog en vertou die Here sal vir ons die weg uitwys,” noem Francois.

Die gemeenskap kan geld vir Keean se mediese kostes in die volgende persoonlike spaarekening inbetaal:

Keean Claase

ABSA Spaar (Donate/Gift Profile)

Acc: 9372129511

Ref: Keean medical

Keean stabiel genoeg om huis toe te gaan | Potchefstroom Herald

Related Articles

Back to top button