‘n Vrou wat Sondag, 12 Junie by De Aar in die Noord-Kaap ontvoer is, is veilig gekry, en haar gesteelde voertuig teruggevind
Die voertuig is Dinsdag, 14 Junie op die N1 naby die Vaal Plaza-tolhek gevind. Die vrou was in die voertuig, en is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.
Polisie in De Aar het die inligting oor die ontvoerde vrou en haar gesteelde grys Audi Q2 oor die naweek gesirkuleer.
Lede van die polisie se Fezile Dabi Trio Takspan wat Dinsdag aan diens was, het die voertuig by die tolhek opgemerk en dadelik opgetree. Die 39-jarige man wat die motor bestuur het, is in hegtenis geneem en die voertuig is gekonfiskeer. Hy word van ontvoering en voertuigdiefstal aangekla.