NewsNews

Rysmierbult-pad versper weens betogings

Volgens NW polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, was die padvroeg vanmiddag steeds toe, maar dat die betogings vreedsaam is en geen skade aan voertuie of eiendom gerapporteer is nie.

Die Rysmierbult-pad in die rigting van Johannesburg vanuit Potchestroom is al vroeg vanoggend (Donderdag, 9 Junie) weer weens betogings versper.

Betogings het alreeds gister (8 Junie) op hierdie stuk van die pad naby ‘n informele nedersetting plaasgevind.

Volgens NW polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, is die pad steeds toe, maar dat die betogings vreedsaam is en geen skade aan voertuie of eiendom gerapporteer is nie.

“Die betogers het die pad toegemaak, maar is glad nie aggressief nie. Die pad is nog steeds tans toe,” noem Myburgh.

 

Related Articles

Back to top button