NewsNews

Interpol trek Guptas vas

Die twee Gupta-broers wat van staatskaping verdink word, is in Dubai gearresteer.

Verskeie nasionale nuusmedia berig vanoggend dat Atul en Rajesh Gupta blykbaar Saterdag in dié stad in die Verenigde Arabiese Emirate gearresteer is.

Dit volg nadat Interpol in Februarie rooi kennisgewings vir hulle arrestasies uitgereik het.

Volgens Interpol se webwerf word rooi kennisgewings op die versoek van ‘n lidland uitgereik. ‘n Land wat vir só ‘n kennisgewing vra, moet egter eers aan verskeie voorwaardes voldoen voor dit toegestaan word.

Die Gupta-broers is gesoek in verband met beweerde bedrog van R24.9 miljoen in die Vrystraat.

Die Guptas is in April 2016 in hul privaat vliegtuig uit Suid-Afrika.

Related Articles

Back to top button