NewsNews

Aardklop klop weer einde September aan Potch se deur

Ons inwoners kan saam met Potchefstromers weer uitsien na Aardklop met lekker musiek, stalletjies, konserte en visuele kunste.

Aardklop gaan weer vir die eerste keer sedert 2019 in Potchefstroom kom klop. Hierdie immergewilde kunstefees gaan vanaf 30 September – 2 Oktober 2022 in Potchefstroom plaasvind as deel van die opwipfees wat ook vanaf 6-9 Oktober in Johannesburg (Linden) en Pretoria sal gebeur.

Volgens die hoofuitvoerende beampte van Momentum Beleggings Aardklop, Alexa Strachan word Aardklop in drie stede aangebied om die fees na nog meer feesgangers te bring. Sodoende kry meer mense ook werk in ‘n bedryf wat tydens die Covid-19 pandemie op sy knieë gedwing is.

“Aardklop, en sy bestuur, het dit uit die staanspoor onderneem om buigbaar en aanpasbaar te bly om onsekere tye te trotseer en eerder innoverend om te gaan met eksterne uitdagings, om sodoende ‘n deurgaanse standvastige omgewing, in welkevorm,formaat of ligging ook, te skep vir die juiste ding wat die fees se kernmandaat is: die kunste,” verduidelik Strachan in ‘n mediaverklaring.

Strachan noem verder dat sy opgewonde is oor die feit dat die fees weer in Potch ook aangebied sal word.

“Potchefstromers kan uitsien na hulle geliefde feesterrein met musiek en stalletjies,asook natuurlik hoogstaande konserte en visuele kunste. Baie dankie aan ons grootste vennoot in Potch: Die NWU Potchefstroomkampus.Ook spesifiek dankie aan NWU PUK Kunste,en die Miederpark NG Gemeente.”

Related Articles

Back to top button