
Die finale brandstofpryse vir Junie is pas bekendgemaak.
Motoriste sal vanaf middernag vandag R2,43 per liter meer betaal vir petrol, en diesel word tot R1,10 per liter duurder.
Dit beteken dat jy in die binneland vir 95-oktaan petrol nou R24,17 per liter sal moet opdok en by die kus R23,52 per liter.
Die enigste ligpunt in hierdie ysige koue is dat gas – glo dit of nie – darem 51c per kilogram goedkoper sal wees.
Gelukkig vir motoriste het die regering besluit om die R1.50 heffing wat dit op brandstof plaas, eers weer op 6 Julie in te stel.
Sonder dié toegewing sou ons van more af bykans R4 per liter meer moes opdok.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



