NewsNews

Dringende gebedsversoek vir seuntjie gevra na fratsongeluk

Vyfjarige kleuter in kritieke toestand

‘n Dringende gebedsversoek vir die vyfjarige Marno Muller is vanoggend deur die organisasie, Hemelse Pêrels, op Facebook gerig. Marnu is ernstig in ‘n fratsongeluk by sy skool beseer. Hy het glo by sy skool (vermoedelik in Boksburg aan die Oosrand) se glybaan afgegly toe sy baadjie se toutjie aan iets vasgehaak het en om Marno se keel vasgetrek is. Dit is onbekend hoe lank hy daar gehang het, maar hy was glo reeds blou toe hy gevind is. Hy is tans op lewensondersteunende masjiene en is met ys toegepak.
Volgens die Facebook-boodskap sukkel medici nog om hom te stabiliseer sodat hy na ‘n hospitaal wat in dié soort beserings spesialliseer, gevlieg kan word.
Marnu se ouers het nie ‘n mediese fonds nie en dis nog onbekend wat die koste gaan wees.
Almal word gevra om vir hom te bid, en dié wat kan, is welkom om ‘n donasie te maak in die volgende rekening:
Acc Holder: Hemelse Perels NPC
Standard Bank
Acc number: 020196229
Branch Code: 012442
Swift code: SBZA ZA JJ
Verwysing: Marno

Die vyfjarige Marnu Muller

Lees die oorspronklike berig op die webwerf van die Herald se susterkoerant Vaalweekblad hier:

Dringende gebedsversoek vir seuntjie gevra na fratsongeluk | Vaalweekblad

 

Related Articles

Back to top button