NewsNews

Botsing eis gewilde ‘motorfietsbroer’ op sy verjaardag

"Hy het geleef vir sy Mac’s-boeties, motorfietsry en sy familie. Hy was hardwerkend, het nooit opgegee op sy drome nie en het gestreef na wat hy in die lewe wou hê"

Lede van die Mac’s Motorfietsklub van Vanderbijlpark rou oor die dood van hul geliefde vriend en medelid, Henry van Heerden, verlede Donderdagaand

Die botsing het op Henry se 36ste verjaardag op die R42 (Barragepad), net onderdeur die R59-brug in die rigting van Vanderbijlpark plaasgevind.

Die omstandighede rondom die ongeluk word nog ondersoek, maar dit blyk dat Henry en ander klublede vanaf Vereeniging na sy huis in Vanderbijlpark op pad was toe Henry teen die agterkant van ‘n motor vasgery het nadat dit skielik spoed verminder of in die pad gestop het. Henry het op die toneel gesterf. Een insittende van die voertuig is ook in die botsing dood.

Henry se neef, Porra Maartens, klublede en van die familielede was ook op die toneel.

Henry, wat in Vanderbijlpark grootgeword en sy skoolopleiding aan HTS Carel de Wet voltooi het, was ‘n werknemer van Veolia Water Technologies. “Hy het ‘n klein hartjie gehad en het bitter baie vir sy medemens omgegee. Hy was altyd vol grappe en kon ‘n glimlag op enigeen se gesig sit,” sê sy niggie, Marylee Teixeira.

Klublede en familielede sê in ‘n gesamentlike mediaverklaring Henry was “die grootste stoutgat en grapgat wat ons altyd op ons tone gehad het. Hy het altyd iets goed te sê gehad oor ander en het net geweet hoe om almal op te cheer. Hy het geleef vir sy Mac’s-boeties, motorfietsry en sy familie. Hy was hardwerkend, het nooit opgegee op sy drome nie en het gestreef na wat hy in die lewe wou hê”.

Lees die berig hier verder op die webwerf van die Herald se susterkoerant Vaalweekblad:

Botsing eis gewilde ‘motorfietsbroer’ op sy verjaardag | Vaalweekblad

Related Articles

Back to top button