NewsNews

Bekendes steun NWU se geslagsgeweld-veldtogte

Victor Matfield en Angelique Gerber het hul steun gebied en inspirerende stories gedeel.

Bewusmaking rondom geslagsgeweld is weer in die kollig geplaas tydens die bekendstelling van die NO means NO-veldtog op die NWU Potchefstroomkampus se Amfiteater op Dinsdag, 17 Mei.

‘n Derdejaarstudent en Kasteel Dameskoshuis se huiskomiteelid vir Jool, Carla Möller, het die NO means NO veldtog geloods met die doel om die gemeenskap bewus te maak oor die harde realiteite van seksuele teistering en geweld. Möller, ‘n slagoffer van seksuele geweld, het ook tydens die bekendstellingsgeleentheid haar getuienis gedeel.

Die aktrise, Angelique Gerber, die voormalige Springbokslot, Victor Matfield en die sosiale media persoonlikheid, Katinka die Kat, was ook by die byeenkoms om hul steun te bied. Gerber het oor geestesgesondeid gesels en Matfield oor die belangrikheid van fisieke gesondheid.

Angelique Gerber en Victor Matfield saam met die NWU se gelukbringer, Eagi. Foto: Tian du Preez

Foto’s: Tian du Preez

“Die sisteem fokus gewoonlik op geweldadige vorme van geslagsgeweld, maar enige tyd wanneer daar in ‘n nie-geweldadige manier seks sonder toestemming plaasvind dan word daar niks gedoen nie. Dit is belangrik dat nee, nee beteken, ongeag die omstandighede,” noem Möller.

Volgens haar moet mense kan opstaan en veg vir die reg om gerespekteer te word.

“Persone moet verantwoordbaar vir hulle dade wees,” voeg sy by.

Möller verkoop spesiale t-hemde met die “NO means NO”-slagspreuk (#Itsnotjustoneofthosethings) op met die doel om bewusmaking te groei. Al die winste gaan ook na SJGD gemeenskapsprojekte en organisasies wat die NWU ondersteun.

Terselfdertyd, het die NWU se #WalkAMileInMyShoes-veldtog teen geslagsgeweld ook plaasgevind waar ongeveer 200 mense (mans en vroue), insluitend Matfield en Gerber, van die Amphiteater op kampus tot by Cachet Park geloop het.

Die staproete is gekoordineer deur beskermingsdienste en iDuc. Die idee om Cachet Park toe te loop is om vir studente ook te wys waar is die iDuc Safety Hub op die Bult is.

Die staproete is gekoordineer deur beskermingsdienste en iDuc. Die idee om Cachet Park toe te loop is om vir studente ook te wys waar is die iDuc Safety Hub op die Bult is.

“Ons kantoor, Transformasie- en Diversiteitsbeampte met Aktuele Sake, skakel met Beskermingsdienste, Gesondheidsentrum en Thuso 1777 waar ons al die inligting ontvang van studente wat verkrag word, swanger word en deur emosionele pyn gaan as gevolg van geslagsgeweld. Beide geslagte word hierdeur geraak,” noem Beàtha Groenewald, KSR: Transformasie en Diversiteitsbeampte met Aktuele Sake.

‘n Hele paar NWU koshuise het ook stalletjies op die Cachet Park-terrein gehad waar ‘n AKSANagMark aangebied is.

Volgens Groenewald, het studente die teenwoordigheid van die bekendes baie geniet.

“Die studente het dit verskiklik baie geniet en baie waardeer om die groot bekendes in persoon te kon ontmoet,” noem sy.

Volgens Dr. Corrie Rheeder, direkteur van studentelewe aan die NWU se Potchefstroomkampus, is  gelagsgeweldprojekte ontsettend belangrik om bewusmaking te skep.

“Dit is vir ons as universiteit belangrik dat studente veilig op en van kampus is. Bewusmaking oor geslagsgeweld en wat studente kan doen om self bewusmaking te groei is ook net so belangrik. Studente moet ‘n platform hê om met mekaar te kan deel en nie skuldig voel oor wat met hulle gebeur het nie,” meen sy.

“NO means NO” T-hemde kan hier  vir R 150 bestel word.

Related Articles

Back to top button