NewsNews

Vermis: Twee studente-vlieëniers dalk uit Vaal ontvoer

Hul voertuig is verlate langs die R59-snelweg gevind.

Daar is groot kommer oor twee leerling-vlieëniers wat verdwyn het nadat hulle Vereeniging in hul gehuurde motor verlaat het.
Muwmin Hitham Kamel Gaber (19) en Fadi Said Elhadi Mohamed Hamoud (31) is Egiptiese burgers wat tans in Suid-Afrika is om amptelike opleiding as vlieëniers te kry.
Volgens die wetstoepassingsagentskap Make SA Safe se Facebook-blad, het die twee mans vermoedelik Saterdag, 14 Mei, in hul gehuurde motor uit Vereeniging gery. Die voertuig is later verlate langs die R59-snelweg gevind, maar daar was geen teken van die mans nie. Daar word gevrees dat hulle ontvoer is.
Enigiemand met inligting oor hul verdwyning, of motoriste wat dalk die mans langs die pad gesien het, word versoek om 08600 10111 te kontak.

Fadi Said Elhadi Mohamed Hamoud (31)
Muwmin Hitham Kamel Gaber (19)
Die twee mans se gehuurde voertuig is verlate aan die kant van die R59-snelweg gevind.Lees die oorspronklike berig op die webwerf van die Herald se susterkoerant Vaalweekblad hier:

Vermis: Twee studente-vlieëniers dalk uit Vaal ontvoer | Vaalweekblad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button