NewsNews

Petrolprys daal terwyl diesel die hoogte in styg in Mei

Diegene met dieselvoertuie sal wel onrustig gaan slaap met 'n styging van 92c per liter.

Inwoners met petrolvoertuie kan bietjie asem skep met die nuus dat petrolpryse vanaf Woensdag, 4 Mei met 12c per liter sal daal. Diegene met dieselvoertuie sal wel onrustig gaan slaap met ‘n styging van 92c per liter.

Die minister van minerale bronne en energie, mr. Gwede Mantashe het hierdie finale brandstofpryse vir Mei vandag (Dinsdag, 3 Mei) aangekondig.

Diesel styg met 92c per liter, terwyl paraffien ook met 79c per liter styg.

Die minister het ook in ‘n mediaverklaring genoem dat die voortslepende koflik tussen Rusland en Oekraïne nog steeds die regering noop om die algemende brandstofheffing van R1,50 op te hef.

Die totale brandstofheffing sal R244.00 c/l vir petrol en R230.00 c/l vir diesel gedurende hierdie tydperk bly.

Dit kos tans R 21.60 vir 95-oktaan-petrol en R 21.35 vir 93-oktaan-petrol. Die petrolprysverlaging sal beteken dat verbruikers vir 93-petrol R 21.23 en R 21.48 vir 95-petrol sal betaal.

Related Articles

Back to top button