Die eerstespan is voorvan links: Jonathan Benson, mnr. Johan Smith (afrigter), Stephan Schutte (kaptein), mnr. Ben Habig (skoolhoof), Herman Beaumont (onderkaptein), mnr. Dawie Nel (afrigter) en Gideon Immelman. In die middel is Altus Schutte, Morné Janse van Rensburg, Morne du Plessis, Buks Luttig, Johandré du Plessis, Kyle Hattingh, Jaco Grobler, Christiaan Pieters, Jean-Paul van Schalkwyk, McCarthy Naude en Reghardt Vermaak. Agter is JJ Janse van Vuuren, Petri Hattingh, Jaco du Preez, Janco McGill, Nelis du Preez, Janco Venter, Divan Botha, CJ van Rensburg en Quiven Kroon. Foto’s: Verskaf
Tydens dié spesiale geleentheid het Jorrie Muller, ‘n oudleerder van dié skool en oud-Springbok rugbyspeler, elke seun met hul insluiting in die span gelukgewens.
Lindsay Weyer, ‘n Springbok tegniese analiseerder, wat aan Rassie Erasmus se sy was tydens die 2019 Wêreldbekeroorwinning-sage, het die manne ook kom toespreek.
Tydens die seremonie het elke speler ‘n keps ontvang en sy naam is in ‘n spesiale jaarboek opgeteken.
“Die jong spelers is een vir een vorentoe geroep, terwyl trotse ouers toegekyk het hoe hul seuns vereer word deur ‘n skool met passie om hul leerders te laat groei en te beloon vir hul harde werk,” vertel die skool se woordvoerder, Jaco Pretorius.
Die eerstespan se kapteins is ook aangekondig. Stephan Schutte is as kaptein en Herman Beaumont as onderkaptein aangewys.
Die eerstespan afrigters, mnre. Dawie Nel en Johan Smith het die spesiale geleentheid onder die leiding van mnr. Ben Habig, die skoolhoof, geïnisieer.
“Laerskool Fochville wil ook al die borge bedank wat die aand moontlik gemaak het. Dit sal nog lank onthou word,” het Pretorius bygevoeg.
Jorrie Muller en mnr. Johan Smith.Lindsay Weyer (Springbok tegniese analiseerder), tydens sy toespraak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.