NewsNews

‘n Wonderwerk vir Paasfees

Groot vreudge toe MS pasiënt weer haar bene kan beweeg, staan en selfs loop.

Marita Seyffert kan weer loop! Haar stamseloorplanting was ‘n reuse sukses. Alles het so goed gegaan en vining gebeur dat selfs die dokters stomgeslaan is.

Marita, ‘n inwoner van Vanderbijlpark, is 13 jaar gelede met veelvuldige sklerose gediagnoseer. Die afgelope 18 maande het haar toestand baie vinnig agteruitgegaan en sy het die laaste drie maande in ‘n rolstoel deurgebring.

Sy kon niks meer vir haarself doen nie en haar man moes haar met alles help van was en aantrek tot in en uit die rolstoel tel.

Van loop was daar nie meer sprake nie. ‘n Stamseloorplanting was ‘n opsie vir behandeling.

Dis ‘n duur proses en nie almal het dieselfde resultate nie. Haar vriende en familie het ingespring en verskeie fondinsamelings gereël – en hulle doen steeds.

Marita kom al mooi met haar loopraam reg.

Die Herald se susterkoerant Vaalweekblad het in Maart ‘n telefoniese onderhoud met haar gedoen vlak voordat sy in die hospitaal opgeneem is vir die behandeling in die Donald Gordon Hospitaal in Johannesburg.

Die verwagting was dat sy tot ses weke in isolasie in die hospitaal sou wees. Marita is na slegs drie weke ontslaan en maak elke dag vordering.

Lees die volledige berig op die Vaalweekblad se webwerf hier:

‘n Wonderwerk vir Paasfees | Vaalweekblad

Related Articles

Back to top button