NewsNews

Toneel-ster skitter tydens kompetisie

‘n Toneelspeler van Hoërskool Fochville is besig om haar skool en dorp se naam hoog te hou.

Volgens Hoërskool Fochville se woordvoerder, mev. Elsabe de Mesquita, het drie van die skool se leerders op 5 Maart by Helpmekaar Kollege aan die uitdunrondte van die Nasionale Toneelkompetisie deelgeneem. Ankia Bensch, Melanie Kleyn en Jo-Genie Parsons het hulle al drie baie knap van hulle taak gekwyt.
“Dit was hoendervleisoomblikke om hierdie drie dames in aksie te sien,” sê De Mesquita.
Ankia Bensch, ‘n graad 10-leerder, is na afloop van die uitdunrondtes gekies om aan die volgende rondte van hierdie gesogte kompetisie, aangebied deur Hoërskool Bellville, deel te neem.
Dit is ‘n groot prestasie, aangesien slegs 85 leerders uit al die uitdunrondtes landwyd gekies is. Die volgende vier rondtes sal van 19 tot 21 Mei in die Artscape Teater in Kaapstad plaasvind. Uiteindelik sal net 16 deelnemers vir die gala-aand Saterdag, 21 Mei gekies word. “Ankia het haar Godgegewe talent behoorlik tydens die uitdunrondte gewys. Haar natuurlike aanvoeling vir atmosfeer en fyn karakterisering het veral beïndruk. Die leerders en onderwysers van Hoërskool Fochville wens haar baie sterkte toe en is voorwaar trots op hierdie toneelspeler van hulle.
“Geniet elke oomblik Ankia en skitter voort daar in die Kaap,” sê De Mesquita.

Related Articles

Back to top button