NewsNews

30 mense beseer na trok en bus bots

Paramedici het 17 van die mense, insluitende die kritieke vrou na hospitale in Potchefstroom toe geneem vir verdere behandeling.

30 mense is vanoggend (12 April) beseer na ‘n troke n bus op die R501 tussen Viljoenskroon en Potchefstroom gebots het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 07:00 op die toneel gekom.

“Die trok was langs die pad en die bus ‘n ent  verder in die veld. Die passasiers van die bus het op die toneel rondgeloop. Daar was een vrou in die middel van die pad,” het Meiring gesê.

Volgens hom is die vrou wat in die middel van die pad gelê het in ‘n kritieke toestand.

“Die 29 ander mense, almal volwassenes het slegs geringe beserings opgedoen. Gelukkig is niemand dood nie,” het hy gesê.

Paramedici het 17 van die mense, insluitende die kritieke vrou na hospitale in Potchefstroom toe geneem vir verdere behandeling.

Die besonderhede rondom die voorval is nie bekend nie maar plaaslike owerhede was op die toneel om verder ondersoek in te stel.

 

Related Articles

Back to top button