NewsNews

Geen sekerheid oor wanneer skade aan R59 herstel sal word nie

Geen sekerheid oor wanneer skade aan R59 herstel sal word nie

Teen die druktyd van die Herald se susterskoerant, Parys Gazette, kon nog geen bevestiging gekry word oor wanneer die skade aan die R59 buite Parys naby die dorp se vliegveld, herstel sal word nie. Die teervlak is Saterdagoggend, 19 Maart beskadig toe twee vragmotors in ’n kop-aan-kop-botsing betrokke was tussen Wolwehoek en die vliegveld.

Albei vragmotors het weens die impak van die botsing aan die brand geslaan. Een van die vragmotorbestuurders is op die toneel oorlede, terwyl die tweede vragmotorbestuurder in ‘n kritieke toestand na ‘n Bloemfonteinse hospitaal vervoer is, waar hy Sondag aan sy beserings beswyk het. Die vragmotors het na wat verneem is, onderskeidelik papier en gruis vervoer.

Die botsing het Saterdagoggend net na 05:00 gebeur, en die pad was tot laat die middag gesluit omdat die smeulende wrakke, en geweldige hitte op die ongelukstoneel, as gevolg van die brand, opruimingswerk bemoeilik het. Die wrakke moes stuk vir stuk losgesny en wrakstukke toe met ’n hyskraan opgetel en van die ongelukstoneel verwyder word.

Lees die volledige berig hier op die Gazette se webwerf:

Geen sekerheid oor wanneer skade aan R59 herstel sal word nie | Parys Gazette

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button