NewsNews

Video: Carletonville begraafplaas ‘n oerwoud

Die gras in die Carletonville begraafplaas is nou so lank dat besoekers sukkel om by geliefdes se grafte uit te kom.

In die park-gedeelte van die begraafplaas, wat die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit veronderstel is om te onderhou, staan die gras en onkruid op plekke meters hoog.
Die gras is nog glad nie vanjaar gesny nie en daar is geen plek waar besoekers veilig kan loop sonder om bang te wees dat hulle hulself kan beseer of op iets soos ‘n slang trap nie.
Met die Herald se besoek aan die begraafplaas was sommige families besig om self die grafte van geliefdes skoon te maak. Dit is egter nie vir almal moontlik om vir só ‘n diens te betaal of self die werk te doen nie.
Hoewel die Herald Dinsdag vrae oor die probleem aan die munisipaliteit gestuur het, is geen terugvoer ontvang nie.

Lesers kan ook na ‘n kort video oor hoe dit nou in die begraafplaas lyk, op die Herald se webwerf by www.carletonvilleherald.com gaan kyk.

Related Articles

Back to top button