NewsNews

Monique pleit vir hulp na haar ma in ongeluk op Barrage-pad sterf

Vroue erg beseer op Barrage-pad - twee sterf, twee nog kritiek

Monique Goldschagg se hart is gebreek na ‘n baie lelike ongeluk wat Dinsdag die lewe van haar ma en ‘n vriendin geëis het. Sy skryf:

Help asseblief! Op Dinsdag 8 Maart 2022 om 19:07 was my suster Tillie Goldschagg, Greta Bantjes en haar ma en ‘n vriendin, asook my ma in ‘n lelike kop-aan-kop botsing op Barrage-weg in Vanderbijlpark. My ma is in die ongeluk oorlede en Greta se ma is later die volgende oggend om 03:00 in Sebokeng hospitaal oorlede. Tilla en Greta is vervoer na Sebokeng, waar albei in ‘n koma opgeneem is en later gevlieg is na Lenmed Hospitaal, Lanseria, vir noodoperasies. Albei is steeds is in ‘n koma. Tilla het bloeding op ‘n paar plekke op haar brein en haar longe is vol bloed.

Hulle lê nog steeds op ventilators. Greta het ook kopbeserings en haar arms en bene is gebreek. Sy het ‘n maagoperasie gehad omdat haar maag inwendig op ‘n paar plekke gebloei het. Hulle het ongeveer een lliter bloed verwyder. Sy word vandag, Saterdag 12 Maart, weer geopereer. Haar maag word weer oopgemaak om te kyk of die bloeding gestop het en as alles goed verloop het, dan word sy behandel vir haar kopbeserings en daarna vir die gebreekte bene in haar liggaam.

ASSEBLIEF mense, ek kan nie my suster ook verloor nie, sy is al wie ek oor het. Ek vra asseblief dat julle ‘n gebed vir hulle sal doen, asook om jul harte oop te maak en my finansieel te help want ek is tans werkloos. Ek benodig fondse vir die op en af ry vanaf Vanderbijlpark na Lenmed Hospitaal Lanseria. Ek het ook geld nodig om my ma te laat veras… sy het nie ‘n begrafnispolis gehad nie. Asseblief, enige donasies sal opreg waardeer word – Mag die Here jul seën. Dankie.

  • Monique kan by 082 886 0423 gekontak word as iemand ‘n bydrae wil maak en meer besonderhede nodig het.
  • Donasies kan inbetaal word aan: Ms HM Vermeulen, Rekeningnommer 1518636533, Capitec Spaarrekening, takkode 470010.

Foto onder: Die wrak van die voertuig waarin die vroue gereis het, en Monique se moeder, wat in die ongeluk gesterf het.

Heel onder is Greta (links) en Tilla (regs).

 

Related Articles

Back to top button