NewsNews

SAVF se Kos-mos-niks help behoeftiges

Die SAVF se tweedehandse winkel by die Deurgangshuis in Carletonville help behoeftige inwoners op verskeie maniere.

Behalwe vir klere, kan inwoners ook kombuisware, speelgoed en meubels hier koop. Van die ware word ook aan behoeftiges gegee. Die winkel het ook tans ‘n uitverkoping aan en alle klere is óf teen R5, R7 of R13 per kledingstuk te koop. Die winkel, wat by die Deurganshuis by Talcstraat 14 besoek kan word, bestaan al vir langer as vyf jaar en word deur skenkings aan die gang gehou. Mense met ou klere, speelgoed of meubels wat hulle nie meer wil hê nie, is welkom om dit aan die winkel te skenk. Inwoners wat skenkings wil maak of meer van die winkel of Deurgangshuis wil weet, kan die Deurgangshuis by (018) 788 2116 of die gemeenskapswinkel se bestuurder, me. Marie Vorster, 068 151 9330 skakel.  

Related Articles

Back to top button