NewsNews

Video: Wees versigting om dié draai

Die lang gras in talle dele van Carletonville skep ‘n gevaar vir motorist omdat hulle nie aankomende verkeer kan sien nie.

Een van dié gevaarpunte is in die deel van Tugelastraat tussen Onyx Rylaan en Kaolinstraat. Daar is ‘n redelik skerp draai in die pad en omdat die gras aan die kant so lank is, kan motoriste nie aankomende verkeer sien tot hulle bykans in die draai is nie. Daar is nie strepe op die pad nie en heelwat motorist beweeg oor die middel van die pad wanneer hulle om die draai ry. Die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit het die gras by die draai nog nie hierdie seisoen gesny nie. Dit is veral in die oggend ‘n probleem omdat die pad dan besiger is met ouers en taxi’s wat kinders na skole neem. Kyk hier hoe dit lyk wanneer mens om die draai ry: https://youtu.be/uSE8cNICGzo  

 

Related Articles

Back to top button