HealthLifestyleNewsNews

Die virus wat dekades in jou lyf kan skuil

Gordelroos veroorsaak 'n uiters pynvolle veluitslag wat chroniese pyn tot gevolg kan hê indien dit nie dadelik behandel word nie.

In November 2021 het Charlotte Bresser, haar man Hans en gesin na die wildtuin vertrek vir ‘n welverdiende vakansie.

Wat sy nie toe geweet het nie, was dat die varicella zoster-virus toe reeds besig was om toe te slaan.

Hierdie virus is dieselfde een wat waterpokkies by kinders veroorsaak.

Die virus bly in ‘n persoon se lyf (rugsenuwee) agter nadat daar van die waterpokkies herstel is.

Dit sal vir jare dormant bly en dan skielik toeslaan wanneer die persoon se immuniteit laag is, die persoon erg gestres is of een of ander fisiologiese of psigologiese trauma ondergaan het.

Die varicella zoster-virus slaan dan uit as ‘n baie pynlike veluitslag bekend as gordelroos.

Charlotte sê sy het die aand begin sleg voel, maar eers die volgende oggend die groot rooi uitslag gehad.

“Ek het nie eens aan gordelroos gedink nie. My man het my na die naaste apteek in Komatipoort geneem. Die apteker het net een kyk gegee en gesê: “Dis gordelroos. Tannie sal dadelik by ‘n dokter moet uitkom,” vertel Charlotte.

“Ek het ons dokter geskakel en hy het ‘n voorskrif vir anti-virale medisyne deurgestuur. Alhoewl ek dadelik die medisyne begin gebruik het, het die pyn en ongemak so oorweldigend geword dat ons, ons vakansie moes kortknip en terugkeer huis toe. Dis nou al meer as 9 weke later en ek is steeds nie heeltemal gesond nie.”

Charlotte sê sy het nou ook ‘n inenting teen gordelroos gekry. “Dit was baie duur, maar die medisyne was nog duurder. Ek wens ek het vroeër van die inenting geweet.”

Lees hier verder op die webwerf van die Herald se susterskoerant Vaalweeblad:

Die virus wat dekades in jou lyf kan skuil | Vaalweekblad

Related Articles

Back to top button