NewsNewsSportSport

Callies bied atletiekdag aan

Atlete van vier skole het verlede Saterdag tydens ‘n atletiekdag by Hoërskool Carletonville kragte gemeet.

Baan- en veldatlete van dié skool, Hoërskool Wonderfontein, Hoërskool Westonaria en Allen Glen High School van Roodepoort het tydens die vriendskaplike byeenkoms meegeding. Callies se atlete het die ander skole gewys wie’s baas en het die dag met 1 189.5 punte gewen. Westonaria was tweede met 933.5 punte en Wonnies derde met 749 punte.Allen Glen was vierde met 419 punte. ‘n graad 12-atleet van Callies, Katleho Ramasimong, is as Senior Victor Ludorum aangewys.

Katleho Ramasimong van Hoërskool Carletonville is as Senior Victor Ludorum aangewys. Foto: Verskaf
Dié verspringatleet van Callies het tydens die skool se byeenkoms haar beste gegee.

Related Articles

Back to top button