NewsNewsSportSport

Smitathlons se atlete wys ander hóé

Atlete van die Smithathlons atletiekklub van Carletonville is reg om vanjaar groot hoogtes te bereik.

Elf van die klub se atlete het die afgelope maand al 38 medaljes tydens byeenkomste by hul onderskeie skole ingepalm. Volgens die klub se afrigter, Annetjie Smit, is dié wenplekke net die begin van groot dinge vanjaar. Een van die klub se atlete, Smit se kleindogter, Mikayla, het einde verlede jaar tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe presteer. Smit beplan dat daar vanjaar meer van die klub se lede sal wees wat na die provinsiale en nasionale kampioenskappe sal deurdring. Die atlete behaal egter nie hul prestasies sonder moeite nie. Elkeen van die klub se 15 atlete was reeds besig om sedert die begin van die jaar elke weeksdag te oefen, terwyl hul skoolvriende nog lekker met vakansie by die huis gesit het. Smit rig tans atlete af wat aan die 60 m tot 1500 m afstande deelneem. Sy het Smithathlons reeds in 2005 begin en het deur die jare al verskeie nasionale kampioene, waaronder Simon Magakwe en haar eie dogter en Afrika-wenner, Anika Smit, afgerig. “Van my ou atlete het self al kinders wat afgerig moet word,” skerts sy. Die volgende groot byeenkoms waartydens van die Smithathlons-atlete hul staal wil wys, vind reeds vandag, 3 Februarie, in Hekpoort plaas.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button