DENEYSVILLE. – Die Departement van Water en Sanitasie het op 25 Januarie 2022 twee van die Vaaldam se kruinsluiste weer toegemaak.
‘n Dag later, op 26 Januarie is ‘n derde kruinsluis toegemaak nadat die damvlakke ‘n meer beheerbarie 105% bereik het.
Volgens die Departement is die Bloemhofdam tans 99% vol.
Kruinsluise moes op 18 Januarie 2022 weer oopgetrek word nadat die Vaaldam se vlakke tot 111% gestyg het.
Die sluise is oopgemaak om die damwal se infrastruktuur te beskerm.
Die ekstra kruinsluise het ook inwoners langs die dam gehelp in wie se erwe en selfs huise die water begin opstoot het.
Lees die volledige berig op die webwerf van die Herald se susterskoerant Vaalweekblad hier:
Vaaldam – 2 kruinsluise steeds oop, waarskuwing uitgereik | Vaalweekblad