NewsNewsSportSport

Fochville se netbalklub soek na spelers

Hulle oefen weer Dinsdag.

Die Fochville netbalklub is reg vir die nuwe jaar en het reeds verlede week met oefening begin.
Volgens die klub se woordvoerder, Petro Lizemore, het oefeninge Dinsdagmiddag begin.
Dit vind elke Dinsdag en Donderdag van 17:10 tot donker by Laerskool Losberg plaas.
Lizemore sê die klub bestaan al vir ten minste 20 jaar en sy het onlangs die reëlings by Judith van Rensburg oorgeneem.
Mans en vroue kan deel van die klub wees en neem later die seisoen aan “fast five” ligawedstryde in Potchefstroom deel.
Sy nooi spelers van alle ouderdomme en fiksheidsvlakke uit om by die klub aan te sluit en noem dat netbal ook ‘n ideale sport is om die feestyd se ekstra kilogram of twee vinnig op ‘n prettige wyse te laat wegsmelt.
Diegene wat besluit dat hulle deel van die klub wil word, hoef net registrasiegelde, wat volgens haar nie meer as R100 beloop nie, te betaal.
Belangstellendes kan haar by 072 919 8721 kontak.

Related Articles

Back to top button