NewsNews

Video: Spruit in Welverdiend oorstroom

Ten minste een huis in Welverdiend is onder water omdat die Varkenspruit wat deur die dorp vloei besig is om te oorstroom.

Volgens ‘n lid van die GPF (Gemeenskaps Polisiëringsforum), mev. Letitia Jansen van Vuuren, het sy reeds hulp van die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit gevra om die inwoners te help.

Sover vasgestel kan word, het die spruit se water tot omtrend ‘n halwe meter onder die brug oor die pad opgestoot. Inwoners vrees dat dit verder gaan opstoot omdat nóg reën vir later vandag en môre voorspel is.

Kyk hier na ‘n video van die vloed:

 

 

Related Articles

Back to top button