NewsNews

Fochville se skopboksers aan die gang

Lede van die die Fochville XKT Skopboksklub het verlede jaar verskeie hoogtes bereik.

‘n Jarelange lid van die klub, Sempei Dillon Kieser, het onlangs tydens die 2021 Suid-Afrikaanse kampioenskap as kampioen in die semi, light en kick light-afdelings uit die stryd getree.
Die klub het onlangs vir Kieser en ander vegters wat deur die jaar presteer het, vir hul harde werk beloon. Danksy die klub se borge is verskeie trofeë en medaljes tydens die prysuitdeling oorhandig. Verskeie eerste-, tweede- en derdeklas vegters het ook hul graderings geslaag en vir nuwe gordels gekwalifiseer.
‘n Groep senior klublede wat ‘n Taebo-klas bywoon, het nie op hulle laat wag nie en ook hul graderings geslaag.

Die tweede klas vegters wat na volgende gordels gradeer het, is voor Mieke Gerber, Jayden Archer, Jayden Evert, Ruan Pretorius, Kyle de Witt, Jaco Pretorius, Thiaan Badenhorst en Annebelle Smith. Agter is Kaylene de Witt, Adriaan Smith, Bismarck Bence, Bokang Mokhahle, Roan Pretorius, Jovan Pretorius, Dihan Duvernhage, Rianco Jansen van Vuuren, Willem Liebenberg en Shihan Jaco Pretorius (afrigter).
Die derde klas vegters wat hul graderings geslaag het, is voor Shihan Jaco Pretorius (afrigter), Bokamosho Phakedi, Jaco Smuts, JJ Jansen van Vuuren, Juan du Toit en Ayden Peach. Agter is Kgolagano Phakedi, Jolene du Toit en Ayanda Mabuza.

Related Articles

Back to top button