CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Geloftefees in Carletonville

Inwoners van die omgewing wat graag volgende week ‘n Geloftefees wil bywoon, hoef nie vert e ry nie.

Die Carletonville Geloftefeeskomitee bied op 16 Desember ‘n Geloftefees op die terrein van die Afrikaanse Protestantse Kerk in Carletonville aan. Dié kerk is op die hoek van Uralite- en Kaolinstrate, maar die ingang is in Uralitestraat.
Die diens begin om 09:00 en word deur Dr Gawie Wolmarans van die Hervormde Kerk se Die Wilge-gemeente in Potchefstroom gelei.
Die fees se gasspreker is die oud-Parlementslid en prokureur, mnr Willie Spies.
Diegene wat die byeenkoms bywoon, sal maatreëls om die verspreiding van Covid-19 te keer, moet gehoorsaam.
Belangstellendes kan 076 589 7454 vir meer inligting bel, WhatsApp op SMS.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button