CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Sussie ook nou ‘n finalis

Die tweede kleinding uit een gesin van Carletonville staan ‘n kans om op televisie te verskyn.

Die vyfjarige Jay-Dee Tolmay was vroeër vanjaar die wenner van die landwye Wysneusies-kompetisie. Sy wenprys was ‘n TV-opname saam met die bekende sangeres, Sonja Herholdt en haar gelukbringer, Tjokker.
Dié week het sy ouer sussie, die agtjarige Amorey, ook gehoor dat sy ‘n finalis in dieselfde kompetisie is. Amorey, wat tuis onderrig word, is ‘n kranige model en hou ook van musiek. Die wenner van die kompetisie word per SMS beslis.
Lesers wat vir haar wil stem, moet die kode KK590 na die nommer 47620 SMS. Die boodskappe kos R3 elk.

Related Articles

Back to top button