NewsNews

Jou eerste gedagte – is die kinders veilig – en dan daardie onbeskryflike stilte

"So iets wil ek nooit weer beleef nie"

Dinsdag 2 November was die speelterrein van die Sarel Cilliers gekombineerde skool in Koppies weer die ene lewe. Kinderlaggies wat jy oral hoor. Hulle is terug. Ná ‘n week wat dit stil was by die skool, maar oral sien jy die merke van daardie dag toe die wind sy pad deur die skool geloop het. Stukke dak en plafon uitgeruk en vensters gebreek het.

Herman Vogel, waarnemende hoof van die skool onthou soos gister die dag net ‘n week gelede – dit was 25 Oktober, ‘n Maandag. Op Maandae kom die skool laat uit – 14:45

Die klok het nog nie gelui nie maar buite het die kinders opgewonde geskree en lawaai. Hulle was op pad huis toe. Hy het gewonder  hoekom die kinders so vroeg buite is.

Die volgende was daar die geluid van reën  en eers klein haelkorrels wat geval het. En toe die wind. Hy het die lawaai gehoor en iets  wat val. Deur sy kantoorventer het hy stukke dak sien dwarrel deur die lug, gefrommel soos papier, teen die saal vas op die stoepe, oral, selfs in die bome het dakplate en stukke hout gehang.

Herman het na buite gehardloop – sy eerste gedagte – waar is die kinders, die onderwysers. Hy het naarstiglik op die skoolgroepe begin vra. Saam met nog twee manspersoneelllede wat nog op die terrein was, Albert Zitzke en Kallie van den Berg, het hulle van klas na klas gehardloop, gesoek. Dit was net ‘n Gods genade.

Waar dit die kinders gewoonlik ‘n halfuur vat om te ontruim, was daar teen 15:00 nie ‘n kind op die terrein nie. In daardie enkele minute vandat hy hul opgewonde op die terrein gehoor het, en die geweld van die storm die skool getref het, was die hele skool ontruim. Die enkele skoonmakers op die terrein het in ‘n klaskamer skuiling gesoek. Drie personeellede wat nog daar was het in die personeelkamer geskuil.

Lees die volledige berig op die webwerf van die Herald se susterskoerant Parys Gazette hier:

Jou eerste gedagte – is die kinders veilig – en dan daardie onbeskryflike stilte | Parys Gazette

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button