NewsNews

Fochies presteer by die Kunsfees

Fochies presteer by die Kunsfees.

Hoërskool Fochville se leerders het uitstekend tydens die afgelope Carletonville Kunsfees presteer.
Dié jaar se Kunsfees is tydens die tweede kwartaal by Laerskool Dagbreek in Carletonville aangebied.
Volgens mev. Elsabe de Mesquita het Fochies aan al die verskillende afdelings deelgeneem en weer eens gewys wat in hulle steek. ‘n Hele paar leerders is as wenners in items van die verskeie afdelings aangewys.
‘n Gr. 10-leerder, Melanie Kleyn, het in nege items geseëvier.
“Melanie het in die Engelse afdeling 100% vir haar onvoorbereide toespraak gekry, iets wat nog nooit voorheen met ‘n deelnemer van Hoërskool Fochville gebeur het nie. Verder verower sy die Burgemeesterstrofee, die hoogste toekenning van die Carletonville Kunsfees. Baie geluk, Melanie!” sê De Mesquita. Sy het ook die ander wenners, wat in die moeilike tye waarin ons tans leef, die geleenthede aangryp om op kultuurgebied deel te neem en uit te styg, gelukgewens.

Melanie Kleyn het ‘n ongeëwenaarde prestasie tydens die Kunsfees behaal.
Dié leerders van Hoërskool Fochville het tydens die onlangse Carletonville Kunsfees presteer. Voor is Vrede Els, Anneline Wepener, Nicole Barnard, Angelique Jonker, Zeldine Voss, Denika Ras en Nianell Wilke. Agter is Armand Griesel en Rudan Prinsloo.

Related Articles

Back to top button