NewsNewsSportSport

Jong skopboksers wys hul staal

Jong skopboksers wys hul staal

‘n Groep jong skopboksers van die XKT Fight St MMA en skopboksklub in Carletonville het onlangs gewys wat in hulle steek. Junior vegters het op 2 Oktober aan die tweede Great North “Special Edition” skopbokskompetisie by die Brakpan Sportklub deelgeneem. Net vegters met wit tot groen gordels het deelgeneem, aangesien ‘n afsonderlike kompetisie vir ouer vegters reeds in Augustus gehou is. Die ouderdomsgroepe is geskei sodat daar minder vegters op ‘n slag bymekaar is om die oordrag van Covid-19 te beperk. Volgens hul afrigter, Shihan Chimmy van Winkel, het sowat 115 vegters van regoor Gauteng aan die byeenkoms deelgeneem. Die deelnemers het in semi-, “light” en “kick light” afdelings meegeding. Verskeie van die Carletonville vegters het medaljes huis toe gebring.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button