NewsNews

Vermeende selfoondiewe loop hul rieme styf

Twee mans is Woensdagmiddag (14 Oktober 2021) danksy die flinke optrede van lede van die publiek, 'n sekuriteitsmaatskappy en die polisie in hegtenis geneem nadat hulle glo 'n selfoon by 'n winkel in Lochstraat in Meyerton gesteel het.

Die mans het hulself glo as klante voorgedoen en by die kantoor van Silwane Printers, Covenant Branding Solutions en MEM Group ingestap.

‘n Dame wat daar werk het aan die Herald se susterskoeratnt Vaalweekblad verduidelik dat die mans gemaak het of hulle oorpakke wou koop.

Terwyl ‘n werknemer die een rondgewys het, het die ander een op en af geloop.

Hy het die foon gevat en in sy sak gedruk.

Die dame het dit gesien en later geskree vir hulp.

Volgens Paul Marais van die sekuriteitsfirma Red Trac het ‘n werknemer die lawaai gehoor en onmiddelik wagte op die radio gekontak.

Omstanders het gehelp om te keer dat die mans wegkom.

Lees die volledige berig hier:

Vermeende selfoondiewe loop hul rieme styf in Meyerton – Vaalweekblad

Related Articles

Back to top button