NewsNews

Geliefde broer en vriend vermis

Die polisie sowel as vriende en familie is aan die soek na ‘n man wat twee weke gelede spoorloos verdwyn het.

Volgens die polisie in Carletonville is mnr. Jacques Raymond du Plooy, alom bekend as “Jakes” die laaste by ‘n vriend se huis in Meyerton gesien. Du Plooy het gereëld tussen familie in Carletonville en Orkney beweeg, maar het tot voor sy verdwyning altyd in kontak met sy familie en vriende gebly. Seder thy verdwyn het, is sy selfoon ook skielik af. Hoewel hy aan sommige kennisse vertel het da thy moontlik na sy broer in Cradock sou gaan, het hy nooit daar aangekom nie. Enige iemand wat hom sien of inligting het oor waar hy kan wees, moet ao Carol Stander van die Carletonville Speurtak by 083 253 8522 skakel.

Related Articles

Back to top button