NewsNews

Vrou in veld gelos na ontvoering by vulstasie

Die Polisie versoek alle motoriste, maar veral vroue wat alleen op reis is, om waaksaam te wees.

‘n Vrou wat uit Gauteng op reis was na Standerton is Saterdag, 18 September in Heidelberg (Sedibeng-distrik) ontvoer en beroof deur vier mans wat in ‘n rooi motor gery het.
Heidelberg Times, die dorp se gemeenskapskoerant, berig dat die vrou, wie se identitieit nie bekendgemaak is nie, glo vanaf ‘n plaaslike motorhawe ontvoer is. Die aanvallers het haar na die oostelike punt van die dorp geneem, waar sy beroof is van haar geld, ‘n selfoon en heelwat van haar klere.
Haar polse is met draad vasgebind voordat die rowers haar in die veld agtergelaat het.
Die dame kon daarin slaag om na die hoek van DF Malan- en Pleinstraat te loop, waar sy bygestaan ​​is deur ‘n lid van die publiek en ‘n verbygaande GPF-lid.
Die Polisie en Crime Stop Security Services het onmiddellik gereageer nadat hulle van die voorval in kennis gestel is. Die GPG Ambulansdiens was ook vinnig op die toneel en het die vrou, wat in skok was en skaafwonde aan haar polse gehad het, bygestaan.
Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die Heidelberg SAPD te skakel by (016) 341 0343/61/50.

* Die Polisie versoek alle motoriste, maar veral vroue wat alleen op reis is, om waaksaam te wees. Hou jou voertuigdeure gesluit terwyl jy ry en moenie bagasie of ander waardevolle artikels sigbaar in jou voertuig laat lê nie. Wanneer jy in ‘n openbare plek moet stop om iets te koop of brandstof op te vul, kyk uit vir enige verdagte mense of voertuie en moenie huiwer om jou toeter te druk en aandag te trek as jy bedreig voel nie.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Vrou in veld gelos na ontvoering by vulstasie – Vaalweekblad

Related Articles

Back to top button