NewsNews

Skoolmeisie wat van gebou af spring stabiel maar in baie pyn

Die gr. 8-meisie van Hoërskool Dr. Malan wat Donderdagoggend (16 September 2021) van die tweede verdieping van ’n skoolgebou af gespring het in ’n poging om haar eie lewe te neem is wakker maar in baie pyn.

MEYERTON. – Die skool se hoof mnr. Rossie Briers en lede van die skool se beheerliggaam is glo vanoggend deur om die meisie by die Baragwanath Chris Hani-hospitaal in Soweto te te gaan besoek waar sy tans aansterk.

Briers het laat weet: “(Die) hospitaal het ons laat weet sy is wakker. (Sy is in) baie pyn maar gelukkig stabiel. (Sy is) nog nie uit gevaar nie.”

Die voorval het glo kort ná 11:00 gebeur toe meeste van die kinders wat toetse by die skool geskryf het reeds huistoe is.

Sy het glo ook haar tong raakgebyt en haar regtergewrig beseer.

Volgens Hattingh was ‘n noodhulpbeampte van mening dat al die werwels in plek was.

Sy het gekla oor pyn in haar pelvis en heuppotjie.

André Coetzee, ‘n helikoptervlieënier en oudleerling van die skool het gehelp om die 14-jarige per helikopter na die hospitaal te vervoer.

Die meisie woon by ‘n plaaslike kinderhuis.

Volgens Hattingh is ‘n gebedsgroep gevorm om vir die meisie te bid.

Die 14-jarige meisie wat by die tweede verdieping van ‘n skoolgebou by Hoërskool Dr. Malan af gespring het. Foto: Verskaf
André Coetzee, ‘n helikoptervlieënier en oudleerling van die skool het die kind per helikopter na ‘n hospitaal in Johannesburg gevlieg. Op die foto is die helikopter op dokkies se sportveld. Foto: Verskaf

Dokkie wat van gebou af spring stabiel maar in baie pyn – Vaalweekblad  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button