Die strate rondom die NG Kerk Oberholzer in Vleistraat was Saterdag, 4 September vol energieke mense. 111 stappers en drawwers van alle ouderdomme het deelgeneem. Deelnemers kon kies of hulle ‘n 2.5 km of die 5 km roete wou aanpak.
Talle het ook allerhande kleurvolle uitrustings aangetrek om die aksie nog meer pret te maak. Selfs die kerk se nuwe predikant, ds. Anuschka Smit, het saamgedraf. Aan die einde van die dag kon deelnemers uit ‘n verskeidenheid eetgoed kies om weer hul energievlakke op te bou.