NewsNews

Dit is Nasionale Nierbewusmakingsweek (6-10 September 2021)

Nasionale Nierbewusmakingsweek vind vanaf 6 tot 10 September 2021 plaas.

Volgens die organisasie TELL (Transplant Education for Living Legacies) is daar meer as twee miljoen mense wêreldwyd wat deur middel van dialise of ‘n nieroorplanting behandel word vir nierversaking. Volgens Stella de Kock, uitvoerende bestuurder van TELL, is daar egter veel meer mense wat behandeling benodig, maar weens toegang tot mediese hulp is hulle nie in staat nie, en baie van die mense sterf.

“Dieselfde situasie speel af in Suid-Afrika, met van hoogste syfers van eindstadium nierversaking in die wêreld en ook relatiewe min orgaan-en-weefseloorplantings in vergelyking met ander lande. Mediese personeel asook die publiek het nie genoegsame feitelike inligting wat die proses van orgaan-en-weefseloorplantings aanbetref nie, dit is maar een van die bydraende faktore wat lei tot die lae oorplanting syfers,” sê sy. Volgens de Kock is Suid-Afrika een van 12 Afrika lande wat nieroorplantings doen en die enigste land in Afrika wat gebruik maak van oorlede skenkers vir oorplantings.

“Nie al die pasiente wat Eind Stadium Nierversaking het kwalifiseer vir ‘n oorplanting nie en die wat wel op die waglys kom vir ‘n oorplanting kan ongeveer 12-15 jaar wag vir ‘n nier op die O-bloedgroep lys. “Al hoe meer oorplantings word gedoen van lewende skenkers weens die tekort aan oorlede skenkers. “‘n Skenker kan ‘n familielid (lewende verwante skenker), ‘n vriend (lewend onverwante skenker) or ‘n altruïstiese skenker (vreemdeling).

 

“Die skenker ondergaan verskeie mediese toetse om seker te maak dat hulle gesond is om die operasie te ondergaan en met een nier te kan funksioneer,” vertel sy. Paul Nel het sy nier aan sy dogter, Tanya geskenk in Junie vroëer die jaar. Tanya lei aan ‘n geneitiese siekte wat veroorsaak het dat sy Eind Stadium Nierversaking ontwikkel het op die ouderdom van 18. Paul het nie gehuier om te toets of hy in staat sal wees pm ‘n skenker te wees nie. Die oorplanting is egter twee keer uitgestel; weens Tanya se fistula wat nie meer gewerk het nie en ‘n tweede keer weens Covid. Beide pa en dogter doen baie goed na hul verskei operasies. Tanya is nou in staat om op haar studies te fokus asook tyd te spandeer met vriende en familie. Paul sê die oorplanting het al sy verwagtingte oortref, en die postiewe impak wat dit op hulle familie het. Tanya was altyd moeg ae n dialise het haar erge hoofpyn gegee. ‘n Vakansie as gesin of self net ‘n naweek weg, het fyn beplanning geverf om seker te maak dat Tanya dialise kon ontvang.

Nasionale Nierbewusmakings week wat gevier word van 6-10 September 2021 bied die ideale geleentheid om kwessies rondom niergesondheid en nieroorplatings te addresseer. TELL bied die volgende agt goue reëls vir niergesondheid:

1. Monitor en beheer jou bloeddruk: Ontwikkel die gewoonte om te weet wat jou bloeddruk is. Hoë bloeddruk kan jou niere beskadig en lei tot chroniese nierversaking wat moontlik kan lei tot eindstadium nierversaking. Jou ideale bloeddruk is 120/80; indien jou bloeddruk hoër is as dit wanneer dit op twee verskillende dae gemeet word, raadpleeg jou geneesheer. Hy/sy sal adviseer hoe om jou leefstyl en of dieët aan te pas.

2. Kry jou bloedsuikervlakke onder beheer: Baie diabete ontwikkel eindstadium nierversaking, dit is dus baie belangrik om gesonde bloedsuikervlakke te handhaaf en jou nierfunksie gereëld te laat toets. Indien dit vroegtydig gediagnoseer word kan die ontwikkeling na eindstadium nierversaking vertraag en selfs verhoed word.

3. Fisiese aktiwiteite: Die volgende is maar net ‘n paar voordele van ‘n aktiewe leefstyl: · help om ‘n ideale/gesonde liggaamsgewig te behou; · verlaag jou bloeddruk; · verlaag risiko van chroniese nierversaking.

4. Gesonde gebalanseerde dieët en liggaamsgewig: Die voordele van ‘n gesonde dieët is vanselfsprekend. Dit kan die volgende lewenstyl-verwante siektes voorkom: diabetes, hartsiektes en ander choniese siektes verwant aan eindstadium nierversaking. Jy plaas minder stres op jou organe deur ‘n gesonde gewig te handhaaf. Verminder jou sout inname na 5-6 gram per dag (een teelepel). Geprosesseerde kos en verwerkte kosse bevat baie sout, die beste is om vars bestandele te gebruik vir jou maaltye sover moontlik.

5. Drink genoeg water: Jou niere sal jou ewig dankbaar wees omdat jy na hulle omsien. Deur genoeg water te drink help jy jou lyf om ontslae te raak van oormatige minerale soos natrium, kalium en fosfate wat jou organe kan beskadig. Die ideale hoeveelheid vloeistof wat jou liggaam benodig word beinvloed deur hoe aktief jy is, die klimaat waar jy woon, of jy swanger is en of jy borsvoed. Bespreek die geskikte hoeveelheid vloeistof inname met jou dokter.

6. Moenie rook nie en stop indien jy wel rook: Rook veroorsaak dat daar minder suurstof-draende bloed na jou niere en ander organe vloei wat funksionering beïnvloed. Wanneer jou niere nie optimaal funksioneer nie, kan dit nie ontslae raak van oortollige gifstowwe en minerale nie. 7. Vermy die gebruik van oor–die-toonbank anti-inflamatoriese medikasie: Indien jy oor-die-toonbank nie-steroïd anti-inflamatoriese medikasie (soos ibuprofen) op ‘n gereëlde basis gebruik kan jy jou gesondheid op die spel plaas en moontlik chroniese nierversaking ontwikkel. Bespreek hoe om jou pyn te behandel/bestuur met jou dokter en steeds jou niere te beskerm.

8. Laat toets jou nierfunksie gereëld indien jy in enige van die hoë risiko groepe val: Jy word gesien as hoë risiko om eindstadium nierversaking te ontwikkel indien jy enige van die volgende het: · Diabetes · Hoë bloeddruk · ‘n Familie geskiendenis van niersiektes · Vetsug (obesity)

Ongelukkig kan eindstadium nierversaking nie genees word nie, maar dit kan verhoed word en die verloop na eindstadium nierversaking kan bestuur word. Maak seker dat jy die agt goue reels volg om na jou niere om te sien. Die twee boontjies (niere) sal jou ewig dankbaar wees.

Related Articles

Back to top button